Media24 het die volgende privaatheidsbeginsels aangeneem.
Ons gee behoorlike kennis van ons dataprivaatheidspraktyke. Die kennisgewing is dikwels in die vorm van ’n privaatheidsbeleid of privaatheidsverklaring. Sodanige verklarings stel dataonderwerpe in kennis van watter inligting ingesamel is, vir watter doeleindes en hoe die res van die beginsels toegepas word.
Ons eerbiedig dataonderwerpe se keuses oor hul persoonlike inligting, ondersteun hul behoeftes om beheer oor hul persoonlike inligting te kan hê, en gee binne die perke van tegniese uitvoerbaarheid en redelikheid gehoor aan hul versoeke.
Ons besef dat dataonderwerpe se verwagtinge rakende billike en etiese gebruik van hul persoonlike inligting gerig word deur die konteks waarin hul data vir die eerste keer verkry is. Waar wetlik vereis (of prakties, as daar geen regsvereiste is nie), vra ons toestemming voordat persoonlike inligting gebruik word vir nuwe doeleindes wat nie verband hou met die oorspronklike konteks waarin en waarvoor dit ingesamel is nie.
Ons beperk die onnodige verspreiding en deel van persoonlike inligting met derde partye. Ons laat die deel van inligting net onder beheerde omstandighede toe. Ons deel dit spesifiek net met derde partye indien die persoonlike inligting volgens dieselfde standaarde wat ons vir onsself stel, beskerm sal word, en waar die deel daarvan in ooreenstemming is met die dataonderwerpe se redelike verwagtinge.
Ons hou en berg persoonlike inligting net so lank as wat ons dit nodig het. Dit is belangrik om ’n vasgestelde tydperk te hê wat gekoppel is aan die doeleindes waarvoor die persoonlike inligting ingesamel is.
Ons verseker gepaste sekuriteit. Hoewel geen stelsel ooit onaantasbaar kan wees in die geval van aanvalle nie, maak ons seker dat bekende bedreigings in ag geneem word. Voorts tref ons op administratiewe, tegniese, personeel- en fisiese vlak maatreëls om persoonlike inligting teen verlies, diefstal en ongeoorloofde gebruik of wysigings te beskerm.
Ons skakel op verantwoordelike wyse met die regering. Ons maak seker dat prosedures ingestel is om regeringsversoeke om toegang tot persoonlike inligting op ’n konsekwente en wettige manier te hanteer. Ons implementeer hierdie beginsels in ooreenstemming met toepaslike databeskermingswette en ingevolge die voorskrifte van ons groep se regsnakomingsbeleid. Ons personeelafdeling is vir die volle siklus van werknemerbestuur verantwoordbaar teenoor ons werknemers wat betref die nakoming van hierdie beginsels wanneer hulle met werknemers se persoonlike inligting werk.
Heerengracht 40
Kaapstad
Suid-Afrika
Klik asseblief hier om ‘n versoek in te dien oor jou persoonlike inligting wat deur Media24 hanteer word.
Indien jy nie tevrede is met die oplossing van jou versoek, is jy geregtig om dit te verwys na die Reguleerder vir die beskerming van persoonlike inligting in Suid-Afrika.
Algemene navrae: enquiries@inforegulator.org.za
Klagtes:
PAIAComplaints@inforegulator.org.za
Klik hier om Media24 se handleiding vir die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) te lees.
© 2024 Media24 Alle regte voorbehou / Privaatheidsbeleid