23 November 2020 Media24 Beherend (Edms) Bpk Aankondiging van Tussentydse Resultate vir die periode geëindig 30 September 2020

Media24 het in die halfjaar tot September 2020 die volle impak van die Covid-19-pandemie gevoel, met handelsresultate wat heelwat gedaal het teenoor die vergelykbare tydperk in 2019. Sterk vertonings in ons digitale en e-handelsverwante ondernemings het die impak op ons reeds kwesbare drukmediabedrywighede net gedeeltelik teengewerk. Ons fokus in die oorsigtydperk was dus om verliese te versag en bedrywighede in lyn te bring met die hoogs uitdagende handelsrealiteite. Gevolglik het ons ’n sterk fondasie behou om ons strategiese reis voort te sit om ’n volhoubare toekoms vir Media24 in ’n toenemend digitale landskap te bou.

Klik hier om die resultate te sien.