29 June 2020 Media24 Beherend (Edms) Bpk Jaarlikse Resultate-aankondiging vir die jaar tot 31 Maart 2020

Media24 het uitstekende resultate vir die finansiële jaar behaal, met omsetgroei van 2% tot R4.8mjd en ’n verlaging van die handelsverlies met 54% tot R152m – albei jaar tot jaar. Hierdie prestasie is ondersteun deur groei in e-handelsomset, buitengewone skoolhandboek-bestellings en streng kostebestuur in die hele maatskappy. Dit het die impak van ’n ekonomie wat erg onder druk verkeer, en volgehoue strukturele dalings in drukmedia teengewerk. Ons groeiportefeulje (hieronder toegelig) het besonder goed gevaar deur sy handelsverlies jaar tot jaar met meer as die helfte te verminder, terwyl ons belegging in e-handel (aanlyn kleinhandel) en vaartbelyning van ons digitale mediawerksaamhede resultate begin lewer het.

‘n Opsomming van die resultate is hier beskikbaar.