Die wenners van die 2019 ATKV-Mediaveertjies is Vrydag aangewys. Die toekennings vereer presteerders in Afrikaans vir hul bydrae tot die taalmedialandskap. Media24 het op een na al die pryse in die LEES-kategorie opgeraap. Veels geluk aan al die wenners!
Media24 se wenners is:
LEES-kategorie
- Beste in-diepte artikel: Elsabé Brits vir Borskanker: ’n Vrou se intieme verhaal (Netwerk24)
- Beste ondersoekende joernalistiek: Suzanne Venter vir Hospitaal van gruwels (Rapport)
- Beste persoonlikheidsprofiel: Hanlie Retief vir Pieng! Die Glam Guru kan bloos . . . (Rapport)
- Beste kunste-resensie: Herman Lategan vir Laaste woord oor Ingrid Jonker (Rapport)
- Beste leefstylstorie: Hanlie Retief vir Die treurspel in Macassar. My seun is reguit hemel toe (Rapport)
- Beste essay, rubriek of opiniestuk: Dap Louw vir Ek moes kies tussen my land en my kind (Beeld & Netwerk24)
- Beste sportartikel: Helene Booyens vir Walliese ponies trap diep spore (Landbouweekblad)
- Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant: Hermanus Times (Redakteur: Daleen Fouché)
KYK-kategorie (Aktuele genres)
- Beste insetsel in ’n joernaalprogram: Linda de Jager vir Daar’s ’n plek met Coenie: Moederliefde (VIA – kanaal 147 op DStv)
- Beste dokumentêre program of programreeks: Mark Saunders vir Huisgenoot ware lewensdramas: Ina Bonette en die Modimolle-monster (VIA)
LUISTER-kategorie
- Beste teks vir ’n radiodrama of -teater: Sophia van Taak (Weg!/go!) vir Springgety (RSG)