Privaatheid

Dit is die hoof-privaatheidsbeleid vir die Media24-groep (Media24) en geld vir al ons produkte of dienste wat jy op enigeen van ons Platforms gebruik, insluitend ons webtuistes, mobiele tuistes, mobiele toepassings (apps), e-pos of enige ander tegnologie of diens wat jy gebruik om toegang tot ons produkte of dienste te verkry. “Ons” in hierdie privaatheidsbeleid verwys na Media24 Eiendoms Beperk en sy filiale, en besonderhede is hier beskikbaar. Die definisie van die terme “persoonlike inligting”, “spesiale persoonlike inligting” en “verwerk/ing” in hierdie dokument is soos uiteengesit in die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet 4 van 2013).

Dit is belangrik dat jy hierdie privaatheidsbeleid lees saam met ander bepalings en voorwaardes, privaatheidskennisgewings of beleide wat ons dalk op spesifieke geleenthede verskaf wanneer ons jou persoonlike inligting versamel of gebruik. Hierdie privaatheidsbeleid vul hierdie kennisgewings en beleide aan, en is nie bedoel om dit te vervang nie.

Ons respekteer jou privaatheid en die beskerming van persoonlike inligting is vir ons uiters belangrik. Hierdie privaatheidsbeleid beskryf hoe ons die inligting hanteer wat ons oor jou versamel en/of van jou ontvang. Deur ons Platforms te gebruik stem jy in tot die versameling en gebruik van jou inligting soos in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit.

Indien jy jonger as 18 jaar is, moet jy altyd toestemming by jou ouer of voog verkry voordat jy ons Platforms gebruik of jou persoonlike inligting met ons deel. Let asseblief daarop dat ons kan opvolg of jou ouer of voog vir jou toestemming gegee het om ons Platforms te gebruik en/of jou persoonlike inligting met ons te deel, en kan jou versoek om hul kontakbesonderhede te verstrek sodat ons hulle kan kontak. Ons kan ook die kontakbesonderhede nagaan wat jy verskaf het om seker te maak dit is korrek en die besonderhede van ’n persoon is wat wel jou ouer of voog is.