Welkom Yizani

Die aandeelhouers van Welkom Yizani het Media24 se kontantaanbod om al die aandele te bekom goedgekeur by ‘n spesiale algemene vergadering op 22 Januarie 2021. Die transaksie is afgehandel, Welkom Yizani is gedenoteer vanaf die Equity Express Securities Exchange (EESE) en die skema word nou ontbind.

Media24 sal dus nie meer sy finansiële resultate of ‘n geïntegreerde jaarverslag publiseer nie. Vir meer inligting oor Media24 se prestasie in die 2020/21 boekjaar en vorentoe, besoek asb naspers.com/investors/overview vir die jongste aankondigings en publiserings.

Alle Welkom Yizani-aandeelhouers wat nog nie deur die oordragsekretaris gekontak is nie moet asb vir Singular Services by 0860 12 12 24 bel of e-pos by welkomyizani@singularservices.co.za vir meer inligting.

Klik hier om na die Welkom Yizani-webtuiste te gaan.